Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Carina Diedericks-Hugo

@ Sunday Times Books LIVE

Carina Diedericks-Hugo Latest

Thomas@rock-ster.net

Thomas@vrees.netThomas@vrees.net is ’n radikale boek wat rock! Dit teiken jong lesers met tegnologiese behoeftes en belangstellings.

Thomas@vrees.net is die negende boek in die gewilde Thomas@-reeks waarvan daar altesaam reeds meer as 150 000 kopieë verkoop het. Maar dié boek is anders as enige jeugboek wat al ooit in Afrikaans verskyn het.

Dit bring aan die leser ’n geïntegreerde leeservaring met opwindende ekstras soos:

  • QR-kodes wat jou lei na ’n foto, klankgreep en video
  • ’n Spesiale MXit-kanaal net vir Thomas en sy vriende
  • Thomas en Thabo se nuwe gunstelingspeletjie, Fangs
  • Die Radikale Rockfees se webblad waar jy self ’n rock-ster kan word en jou eie musiek kan meng

Die gedrukte boek lei die leser na elektroniese platforms wat die storie en teks ondersteun en die leeservaring verryk. Die teks kry lewe. In plaas daarvan om te lees hoe vrot die band gesing het, kan jy self luister hoe dit geklink het! Die leser het internettoegang deur middel van ’n rekenaar en slimfoon nodig om die digitale ondervinding te beleef.

Die skrywer van die Thomas@-reeks, Carina Diedericks-Hugo, is baie opgewonde oor die nuwe uitdagings wat die elektroniese media aan skrywers bied. Dit bring mee dat ’n skrywer in meer as een medium moet dink en skryf. Carina erken dat sy self verslaaf is aan die nuwe media en belang stel in die moontlikhede wat dit bied – en dit is beslis een van die redes waarom hierdie eksperiment so geslaagd is.

Dit is ’n eerste en beslis nie ’n laaste vir LAPA Uitgewers nie. Ons kan nie wag om te hoor wat die jongklomp se reaksie hierop gaan wees nie!

Die storie

Thomas se lewe suig harder as ’n stofsuier. Hy is kniediep in die moeilikheid omdat hy ’n leë koeldrankblikkie geskop het en dit per ongeluk die skoolhoof, meneer Volschenk, teen die kop getref het. Nou moet hy mure verf en allerhande goor werk by die skool doen om te keer dat ou Oros-man hom uit die skool skop. En waar hy gewoonlik op sy pelle kan reken, laat hulle hom hierdie keer liederlik in die steek. Hannes, Lukas en Thabo begin ’n band – sonder om vir Thomas te sê of om hom in te sluit – en besluit om deel te neem aan die rock-kompetisie wat by Hoërskool Leeukop gehou word. Immers het Thomas sy meisie, Alex. Die enigste probleem is dat sy en Hannes skielik heeltemal te veel tyd in mekaar se geselskap spandeer. Wanneer die sepiester Fleur Vermaak weer haar verskyning in Thomas se lewe maak, begin dinge lelik skeef loop. Vir die eerste keer in sy lewe voel dit vir Thomas of nie eens ’n pizza hom weer gaan laat glimlag nie. Intussen lyk dit of Hannes-hulle se band nie die enigste groep is wat die kompetisie wil wen nie. En iemand besluit hy sal enigiets doen om te wen – selfs al beteken dit dat iemand kan seerkry …

Die reeks

1. Thomas@moord.net
2. Thomas@skerpioen.net
3. Thomas@aqua.net
4. Thomas@sms.net
5. Thomas@nagmerrie.net
6. Thomas@aksie.net
7. Thomas@geraamte.net
8. Thomas@rock-ster.net
9. Thomas@vrees.net

ISBN-13: 9780799362831
Koop nou