Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Carina Diedericks-Hugo

@ Sunday Times Books LIVE

About Carina Diedericks-Hugo

Carina Diedericks-HugoCarina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het groot geword in Pretoria en Kaapstad. Na matriek aan Herschel Girls’ School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), Honneurs Afrikaans en Nederlands (cum laude) en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U en Die verdrinking van Josua van Eden. Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds vyf maal gewen. As sy nie stories skryf nie, werk sy as uitgewersredakteur by Protea Boekhuis. Sy bly saam met haar man, die digter Daniel Hugo, en vier katte in Stellenbosch. Sy put haar inspirasie uit haar man, bling-bling, Villiera Tradition Brut, sjokoladekoek sonder versiersuiker, kwaito en Sondae op Greyton.

 

Please register or log in to comment